top of page

VEGAS "BESTE TYD VAN JOU LEWE" REVIEW


Vegas se debuut album Beste Tyd Van Jou Lewe het redelik onder die radar verby beweeg. Dit is benewens die feit dat hy ‘n hand vol top klas musikante betrek het by hierdie oor ambisieuse projek.

Die maklikste is om te sê die album is bloot ‘n gemors. Maar die waarheid lê baie dieper as dit. Die fout berus by die feit dat die kunstenaar en die luisteraar hulleself op twee teenoorgestelde pole bevind. Vegas probeer met alle mag om uit sy senior rymkletser, Jack Parow, se oorweldigende skadu te beweeg. Ongelukkig vaal hy liederlik daarin om in ‘n spreekwoordelikke Parow2.0 te ontwikkel. Aan die ander kant van die spektrum staan sy gehoor bakhand voor die Skouspel verhoog en wag vir Vegas om in te gee tot die hoofstroom. Dit is jammer want daar is min tot geen hoop wanneer die kunstenaar en sy gepaste gehoor mekaar net nie kant vind nie.

Inhouds gewys is die album in alle eerlikheid spot on vir ‘n hoofstroom Afrikaanse pop mark. Vegas kan vêr gaan as hy bereid is om op al wat ‘n wildsfees sy heupe te swaai en liewer vir Lianie May nooi om sy autotune mikrofoon te deel. Fred den Hardtog van Heuwels Fantasties faam het alle verwagtinge oortref met die musiek wat hy verskaf het. As mens na die alternatiewe mark kyk streef hierdie musiek myle bo meeste dansbaan treffers uit in terme van kwaliteit. Dis bondels energie wat als saamgepers is in 13 hoogs verslawende deuntjies.

Die laaste twee snitte, Jongensfontein en Koers Na Die Noorde, beweeg weg van die kopskud neigings wat muldelik te vinde is oor die album met onderskeidelik ‘n meer akoestiese en ‘n meer rock ondertoon. Dit bring ‘n broodnodige afwisseling maar ongelukkig teen lied 6 sou meeste al die album diep weg geberg het.

My enigste hoop is dat Vegas eventueel sy werklikke waarde kan besef en liewer die Bellville rockers uit hierdie dimensie uit hou…

OUMA SE OPINIE

3 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page