top of page

STRAATLIGKINDERS: TERUG IN AKSIE

Updated: Feb 13, 2019




Straatligkinders is vir meeste Suid-Afrikaanse groepe 'n deel van hulle tiener- en universiteitsjare, maar dié musiekgroep het onlangs bewys dat hulle meer veelsydig is met die vrystelling van die nuwe album Verdwyn.

Hulle eerste enkelsnit se musiekvideo het aanhangers laat skater, maar Straatligkinders het weer grense verskuif met hulle tweede enkelsnit, Krake, se musiekvideo. Díe eerste animoji musiekvideo vir 'n Afrikaanse kunstenaar (en waarskynlik ter wêreld) het baie kykers al beïndruk so 'n onderhoud was 'n “moet”.


V: Straatligkinders het 'n nuwe klank na die speelvlak toe gebring en Krake is beslís 'n prettige mengelmoes van rock en elektroniese klanke. Hoe versigtig was julle om weg te breek van julle punk rock klanke wat almal van julle verwag? A: Ek dink ons het ons benadering tot musiek te verander. In plaas van om te fokus op een spesifieke genre wil ons eerder fokus op goeie songs. Liedjies kraai altyd koning bo genres. Ons eerste liefde sal maar altyd rock bly maar wat is die punt as band om altyd dieselfde te klink, daar moet tog groei en verandering plaasvind soos die lewe met jou dans. Ek dink ook jou fanbase verander saam jou. Sommige mense ontgroei jou en ander hoor weer vir die eerste keer van jou, so ek dink solank jy aanhou goeie musiek maak, maak nie saak wat die genre is nie sal jy mense hê wat darem iewers iets van jou luister


V: Almero Welgemoed het al voorheen saam met julle gewerk en hy het weer sy talent gewys met die skryf van Krake. Hoe het julle op kunstenaars besluit om saam met julle die lirieke van die album te skryf? A: Ek en Almero skryf al amper twee jaar saam. Die geheim van die lewe is om jouself te omring met mense beter as jy en Almero is 'n ongelooflike skrywer. Ek hou van Almero se diepte en sienings en dit is altyd lekker om ander perspektiewe deel te hê van jou musiek



V: As ek dit reg verstaan, is 'n animoji die kombinasie van animasie en 'n emoji. En dis presies wat julle nuwe musiekvideo, Krake, is. Dit was seker tydsaam om elke element bymekaar te sit om uiteindelik 'n meesterstuk musiekvideo te hê? Hoe lank hét dit geneem en wat was van die struikelblokke wat julle langs die pad ondervind het? A: Wel om eerlik te wees het ons die ultimate loophole gevind. Musiekvideos is gewoonlik duur en ons het 'n app gekry op 'n iPhone waardeer jy kan skiet en jy kan jouself in 'n animoji in verander, so hy maak jou gesig outomaties so. Al wat jy moet doen is voor die lens staan en sing of dans, so dit was die goedkoopste en maklikste video van ons loopbaan tot dusver. Ons hou gewoonlik van groter konsepte soos Wonder maar jou sakgeld laat dit nie altyd toe nie. Ons het 'n paar opwindende videos op pad.


V: Julle het die grense van musiekvideos verskuif en daar is 'n groot verskeidenheid animojis in die musiekvideo. Kon julle self kies wat julle animoji moes wees? A: Ja dit is einlik so eenvoudig dit voel nie reg nie, maar binne jou iPhone se messenger app kan jy jouself omskep in 'n animoji. Dan kan jy foto's of videos maak. Die plan was om bekende mense te gebruik wat maklik herkenbaar sou wees, maar al die ander karakters in die video het die video klaar redelik vol gemaak.




V: As jy jou gunsteling emoji kon wees op die musiekvideo, wat sou dit wees?

A(Bouwer): Ek hou nogal van hoe my karakter gelyk het. Hy het 'n great hare gehad en 'n epiese polisie snor. So ek kies myself.


V: Met ‘n paar vertonings agter die rug na ‘n [te] lang tydjie weg van die verhoog af, hoe het aanhangers julle terug verwelkom, en hoe reageer hulle op die nuwe musiek en “look”?

A:Die response sover is rerig humbling. Kyk 5 jaar is 'n redelike lang tyd so daar is 'n hele generasie wat nie rerig weet wie jou band is nie, so aan die een kant voel dit nogal soos die begin waar jy weer van die begin af almal moet vertel van jou band en hoe julle klink en dit is baie exciting op sy eie, en aan die ander kant is dit lekker om weer van die ou fans raak te loop by shows en te hoor wat die lewe met hulle gedoen het. Ons het defnitief harde werk voor ons maar ek dink hierdie keer gaan ons die musiek ernstig opvat maar nie so persoonlik nie.

35 views0 comments
bottom of page