top of page

STRAATLIGKINDERS IS TERUG: NUWE ENKELSNIT EN VIDEO



Ses jaar sedert die vrystelling van hul vorige album, het die bekende oorspronklike Potch rock-groep STRAATLIGKINDERS vandag die vrystelling van ’n nuwe opkomende album aangekondig. Die nuwe album, getiteld VERDWYN, sal op 16 November 2018 beskikbaar wees. Die aankondiging gaan gepaard met die vrystelling van ’n nuwe enkelsnit en musiekvideo, genaamd WONDER.

Met die doel om die beste moontlike album uit te bring, vertel hul nuutste vrystelling die storie van persoonlike groei die afgelope 6 jaar wat terselfde tyd hul passie vir musiek reflekteer. Hul was in geen haas met die skryf van die nuwe album nie en het met ’n totaal van sewe vervaardigers gewerk, wat Stefan Swart, Ewald Jansen Van Rensburg, Carlo de Villiers, Peach van Pletzen, Rudolph Willemse, Bouwer Bosch en Johann Oelofsenn insluit.

“Party dinge gebeur net natuurlik en ons wou ’n lang breuk neem van STRAATLIGKINDERS om ander drome en passies te volg. Daar word gesê dat jou beste album gewoonlik jou eerste album is omdat jy jou hele lewe al daaraan skryf, maar ons is baie opgewonde om ons stories en ervaringe van die laaste ses jaar met die wêreld te deel.” - Bouwer Bosch.

Die eerste enkelsnit van die album, WONDER, was een van die eerste liedjies wat vir die nuwe album geskryf is en handel oor die groep se reis en terugkeer na die musiekwêreld; om te ontdek wat hul as groep wil sê, weer hul stem te vind en die boodskap wat hul wil oordra vas te stel.



Die enkelsnit bied ’n energieke en nostalgiese eerste kyk na die nuwe album wat groot kitare, harde dromme en ’n ritmiese koor ten toon stel en die groep se storie tot dusver vertel. Die video vir die enkelsnit is geskiet in Oktober deur Brendan Barnes met Bouwer Bosch aan die stuur van regie en redigering. Die ontwerp en konsep van die nuwe album is geïnspireer deur die gedagte van hoe STRAATLIGKINDERS sou lyk indien hul ’n rock groep van die 1960s was. Aansluitend by hierdie tema, is hul die gaskunstenaar groep op ’n lagwekkende talentprogram wat afspeel in die sestigerjare.

“Verbeel jou die ou wat nooit die pos gekry het as Noot Vir Noot aanbieder nie, het wel sy eie talentprogram gekry in 1964. Dit is die konsep. ’n Baie gemiddelde talentprogram met ’n fantastiese gaskunstenaar groep.” sê Bouwer.

Aanhangers kan uitsien na vele grappies, goeie en slegte toneelspel, ’n prettige optrede deur STRAATLIGKINDERS, ’n paar verskynings deur plaaslike akteurs en Glen Biderman-Pam as die ster van sy eie talentprogram.

STRAATLIGKINDERS - VERDWYN ALBUM NOU BESKIKBAAR VIR BESTELLING

Aanhangers kan van vandag af die nuwe STRAATLIGKINDERS album, ‘VERDWYN’ (wat op 16 November 2018 vrygestel word) aanlyn bestel HIER.

59 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page