top of page

PIET BOTHA VIER DIE GROOT 60



Met ‘n loopbaan wat strek oor 40 jaar is dit ‘n onbetwisbare feit dat Piet Botha ‘n kern rolspeler is in die Suid-Afrikaanse musiek landskap. Hy is ‘ huishoudelikke naam wat geassosieer word met roerende lirieke en kwaliteit musiek spel. Hierdie jaar vier ons die mylpaal van hierdie legende se 60e verjaarsdag!

Om hierdie okasie in styl te vier gaan Botha kragte saamsnoer met lewenslange vriende en musikante van regoor die spektrum. Die Jack Hammer Band , Die Dennis Broers en Akkedis, Boet Faber, Leon van Zweel op die saksofoon,Gerry Robinson, Mel Botes , Jacob Wulana en vele meer is onder die uitverkorenes wat hierdie ekslusiewe aand van rock ‘n roll gaan meemaak.


Hierdie vertoning is slegs vir een aand op die planke by die immer gewilde Atterbury Teater en op 20 Julie en kaartjies is nou beskikbaar by Computicket.

Hierdie vertoning bring hulde aan die beste en mees gewilde en blywende musiek wat afkomstig is van ‘n loopbaan van 40 jaar. Dit sluit al sy treffers in beide Engels en Afrikaans in en strek vanaf sy begin tot sy nuutste treffers.

Moet nie hierdie skouspel misloop nie!


2 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page