16 November 2018 is die amptelike bekendstelling van ’n splinternuwe STRAATLIGKINDERS album, getiteld VERDWYN. Die album, die groep se eerste in 6 jaar, kom na die vrystelling van die eerste enkelsnit van die album, WONDER, op 2 November.
Die album is opgeneem in die groep se geboortedorp, Potchefstroom, sowel as Johannesburg en Pretoria vanaf Augustus vanjaar. Die eerste liedjie op die album is geskryf in Junie deur voorsanger Bouwer Bosch, en onmiddellik het die musiek ’n nuwe rigting vir die groep weerspieël. Die groep het aangehou skryf aan die res van die album vir ongeveer 3 maande, met die opname van die album wat 6 weke geneem het. Die groep het besluit om vir die album met 7 verskillende vervaardigers te werk, naamlik Ewald Jansen van Rensburg, Carlo de Villiers, Rudolph Willemse, Peach van Pletzen, Stefan Swart, Bouwer Bosch en Johan Oelofsenn.
“Die inspirasie vir die album was tyd. Hoe tyd mense, lewensveranderinge en perspektiewe verander. Hoe ons as mense groei.” - Bouwer Bosch.
’n Deurlopende tema op die album wat ook as inspirasie gedien het, is die lewenservaringe van die groepslede die afgelope 6 jaar en al die veranderinge wat gepaard gaan met grootword. STRAATLIGKINDERS beskryf hul grootste uitdaging met die nuwe album was om ’n middelweg te vind tussen hul swaar rock klank van vroeër en meer populêre melodieë soos vandag op radio gehoor.
“Wanneer dit by musiek kom, gaan dit nie oor uitverkoop nie, maar oor om in te koop, so ons het besluit om musiek te maak sonder om ons stem en wat ons wil sê in gedrang te bring. Wanneer mens ouer word moet jy baie goed afleer wat jy in jou jonger jare geleer het, so afleer was ’n groot deel van die album met betrekking tot die manier van hoe ons oor liedjieskryf en opnames gedink het. Ons is baie oop om dinge anders te doen die keer.” sê Bouwer.
Al is die fokus op die liedjies in plaas van hulself met die nuwe album, is die kenmerkende STRAATLIGKINDERS se rou en emosionele lirieke en melodieë steeds teenwoordig op die groep se 6de album. Hulle is bekend vir hul eerlikheid in hul musiek and was nog altyd trots op hul kitaar- en groot dromklanke, soos aanhangers steeds sal hoor op VERDWYN. Aanhangers kan uitsien na eerlike, rou en relevante musiek - van die mees persoonlike liedjies wat die groep al ooit in hul loopbaan geskryf het.
VERDWYN Liedjielys: Verkyker
Dorings
Nikodemus (feat. Hemelbesem)
Woord Vir Woord
WonderHerinner (feat. Lucinda Neethling)
Krake
Wvk
Sak Sarel
Verdywn
Ek Wil Jou Nooit Weer Sien
Verdwyn (Unplugged)Verkyker (Unplugged)
STRAATLIGKINDERS - VERDWYN
Album Bekendstelling
Datum: Saterdag, 24 November 2018 Plek: Platteland, Centurion Tyd: 19H00 Prys: R70 - R130 Kaartjies: http://bit.ly/2qQMT81
Comments