top of page

DEON MAAS SE OPE BRIEF AAN KKNK


Deon Maas in geen vreemdeling op die kuns spektrum nie, so wanneer hy kommentaar lewer sit jy maar regop en jy luiser. Hy het ‘n ope brief aan die KKNK gerig tydens die fees maar hierdie brief is toepaslik op almal en alles in die vermaaklikheids bedryf.

Kunstefeeste grawe al ‘n paar jaar lank hulle eie grafte deur voortdurend te komersialiseer en soos ‘n worsfabriek kwantiteit bo kwaliteit die verhoë vol te stop. Deon slaan die spyker op die kop in hierdie brief wanner hy kunstenaars en feeste tegelyk aanspreek oor díe afname in kwaliteit.

Ek voel gewoontlik ope briewe is die maklikste manier vir bekendes om net weer 5 minute in die kollig te kry voor hulle curtain call ,maar hierdie is wel ‘n uitsondering.

Lees, luister en leer.

Die musiek by ons kunstefeeste is verby sy “sell-by date”. Daarmee bedoel ek nie dis oud nie, dit ruik net nie lekker nie. Musiek is die laatlammetjie wat nie ’n tepel het om aan te suig nie en word nie ernstig opgeneem nie. Anders as met skone kunste, teater en selfs klassieke musiek word liefhebbers van musiek afgeskeep en kunstenaars nie geld gegee om projekte te ontwikkel nie. Dan, as hulle een van die uitverkorenes is, dink hulle hulle kan ’n Steak and Ale-gig aan my kom afsmeer en ek moet gelukkig wees. Vanjaar is daar selfs backtracks by feesmusiek.

Maar, laat ons voor begin en een vir een na die punte kyk.

Ek wil begin deur te sê dat ek hier net gesels oor die amptelike feesmusiek. Dit wat in die feesprogram aangekondig word. Noudat die doef-doewery uit die hoofstraat geskuif is en sigself op een van sy systrate bevind, kan jy jouself ten minste hoor dink en ook voel dat jy by ’n fees is. As jy daarvan hou, goed so. Jy’t jou plek en kan rustig gaan luister na dit wat jou behaag.

Ek het nêrens om ’n huis te noem by kunstefeeste nie. Musiek en musikante word nie goed behandel deur die feeste nie. Daar is geld vir ontwikkeling van toneelstukke, daar is artists in residence soos Willem Boshoff, maar ek moet na Country Legends gaan luister? Dis mos nie regverdig nie.

As jy teater toe gaan, is daar baie kopskuif-goete wat rondom jou gebeur. Dis ’n byenes van nuwe idees en nuwe mense, nuwe akteurs en nuwe produkte. Dit gebeur nie met musiek nie.

Jy kan dit selfs in die feesprogram sien. Daar is ’n afdeling vir “Toneel”, dan’s daar een vir “Lag ’n Slag”, dan een vir “Baanbreek”.

Die musiek-afdeling wissel sommer van klassiek tot rock – alles onder een vaandel.

As jy na macbeth.slapeloos gaan kyk, sien jy ’n power posse van akteurs. Dawid, Anna-Mart, Jana, Antoinette en vele meer. Almal op een verhoog, in een toneelstuk. Musiek kry dieselfde name oor en oor wat van fees tot fees beweeg en hier en daar ’n liedjie in hulle stel verander. Maar ek sal later by die sondebok-musikante uitkom.

Teater by enige ernstige kunstefees verteenwoordig integriteit. Dit kom met sy ingeboude prestige. Organiseerders wy ure daaraan om besluite te neem oor wie en wat mag deelneem, ons sien die room. Dan draai daai selfde organiseerders om en maak die deur oop vir enige iemand om musiek te kom maak. Feeste neem nie die kuns van musiek ernstig op nie en dit begin by die feeskomitee en werk sy pad vandaar af, wel, af.

Oukei, die eerste punt is gemaak en ek hoop jy vang wat ek probeer se. Kom ons kyk nou na punt twee. As ek ’n statement maak soos: “Teater en musiek is nie dieselfde dissiplines nie”, gaan almal dink dat ek maar net die voor die hand liggende daarstel. Nou waarom, vra ek jou, word dieselfde reëls by musiek toegepas as by teater?

Musiek het ’n manier waarop hy geluister moet word, anders maak dit nie sin nie. In ’n teater is dit logies dat jy moet stilsit, dat jy nie raserig moet wees nie, dat jy jou chips en koeldrank in die voorportaal moet los. Ek verstaan dit en ek respekteer dit en niks irriteer my meer as iemand wat nie by daai reëls hou nie.

Maar rêrig mense, musiek werk op ’n ander manier. Musiek kom nie 10 uur in die oggend in die Burgersentrum tot sy reg nie. Musiek is iets wat homself verslind en verbeter deur die dinamika van die gehoor en die interaksie daarmee. Musiek is musiek, teater is teater en elkeen werk op sy eie manier.

Miskien gebeur dit omdat die organiseerders merendeels uit ’n teateragtergrond kom. Wie in hemelsnaam maak die kroeg TOE as ’n groep speel? Dis wanneer dit oopgemaak word, mense!

Jy nog met my? Goed so, want hier kom die derde punt en een wat baie musikante gaan onstel. Ons moet hieroor ook praat want ons kan nie al die skuld op die organiseerders pak nie.

Musikante skeep my as kyker af. Hoeveel keer kan ek Adam Tas of Anna Davel gaan luister? Ek verstaan dat ons nie almal in groot stede bly en toegang tot kunstenaars op ’n gereelde basis het nie. Die feeste is die enigste geleentheid vir baie mense om sekere musikante te sien.

En dan vereer hulle my met ’n greatest hits stel-lys met twee of drie nuwe liedjies, en? Dis dit. Niks truuks, geen produksie. Hulle staan (of sit) daar en sing.

Kan jy jouself indink as jy teater toe gaan en iemand sit op die verhoog en lees vir jou die teks (alhoewel dis dalk ’n interessante idee vir Baanbreek vir volgende jaar © Deon Maas!).

Teater is mos ernstig en musiek is nie ernstig nie. Of dalk is dit, maar word dit net nie ernstig opgevat nie. Dalk hang musikante ’n vraagteken oor hulle relevansie. Wat ek weet as iemand wat van musiek hou, is dit: Neem musiek op die feeste ernstig op. Of skaf dit af.

4 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page