top of page

STRAATLIGKINDERS SE NUWE SINGLE


Die nuutste oplewering van almal se gunsteling Potch rockers mag dalk jou fondasies ruk…

Straatligkinders het vandag hulle nuwe enkel snit asook video daarvoor bekend gestel. Die liedjie is getieteld “Plaasvervanger” en is die verste ding van wat jy sou verwag van ‘n traditionele SLK song…

Hulle laaste album, “Konings met Verskonings” het sy “fare share” van speel tyd gekry in my kar en was net die regte mengsel van harde rock en sagter ballades. Maar met hulle nuutste oplewering het die manne heeltemal iets anders probeer…

Die liedjie begin heel rustig met kragtige slow motion visuele wat daarmee gepaard gaan. Maar dis nie lank voor daar ‘n ‘doef doef’ uit die speakers blaas wat sinoniem geraak het met groepe soos Heuwels. Meer elektronies as ‘n pop liedjie maar glad nie rock n roll genoeg vir meeste se smaak nie.

Ek is alankal verby die punt van skaamkry vir my voorliefde vir dans musiek. Soms wil mens net dans en jouself verloor en dit is defenetief wat mens op hierdie liedjie kan doen. Terselfdetyd kan mens saam sing met lirieke wat steeds aan jou hartsnare pluk. Dit bly moeilik om opgewekte melodië te meng met meer somber lirieke en hierdie klomp Potchenaars kry dit los hande reg.

Ek moet sê ek hoop van harte hulle hou nie heeltemal in hierdie rigting koers nie en keer wel terug na goeie afrikanse rock want ons is altyd honger vir meer…

2 views0 comments

Comments


bottom of page