NUWE VIDEO: FRANCOIS VAN COKE & KAREN ZOID "TOE VIND EK JOU"


Francois van Coke en Karen Zoid het na 'n lang afwagting saam hulle verskyning gemaak en hulle geregtige plekke ingeneem as koning en koniging van Suid-Afrikaanse rock musiek.

In hierdie hartroerende treffer bewys hulle weereens "minder is meer" met simplistiese akoorde wat moeiteloos saamsmelt met twee kragtige stemme.

Eg aan die lirieke, "sonder pretensie", is die video minimalisties en eerlik en verseker dat elke kyker se aandag behoue bly op al die emosie wat sonder skaamte jou oor kanale invloei.

Anders as die tipiese Jay-en-Lianie styl wat 'n kulturele fenomeen geword het as dit kom by Afrikaanse duette is hierdie snit nie bloot 'n halfhartige vlei poging nie maar liewer 'n oop vlek van ware emosies en vind hulle die kalmte in die oog van alle liefdes storms.

Lank lewe Karcois!!


#francoisvancoke #karenzoid #vancokesolo #video

0 views0 comments

Recent Posts

See All