NUWE JACK PAROW MUSIC VIDEO


JACK PAROW:

Soos jy hom nog nooit gesien het nie –

Veilig musiekvideo met Janie Bay

“Jy is nooit alleen nie.

By my kry jy nooit weer seer nie.

Jy is veilig.

So baby, bly vir altyd myne.”

Die gevaarlike Afrikaanse rapper, Jack Parow, onthul sy romantiese kant in die poëtiese liriek-musiekvideo,Veilig. Die musiekvideo deel nostalgiese oomblike met, onder andere, ‘n versameling tuisflieks uit sy kinderdae in Kaapstad se Noordelike voorstede.

Sien Jack Parow soos jy hom nog nooit gesien het nie…

“Ek sal antwoord op jou roepstem, ek sal offer wat jy vra.

Ek sal oorkom na jou voorstoep en jou groceries indra.

In jou wil en werk en wandel van jou wieg tot aan jou graf.

As jy bibber in jou bed wanneer die honde buite blaf.

In die songloed van jou somer, in jou winternag se kou.

Sal ek kom lê onder jou kombersie en jou styf vas kom hou.

By die klink van huw’liksklokkies, by die kluit-klap op die kis.

Streel my stem jou nooit verniet nie, by my sal jy kan rus.”

#jackparow #musicvideo

0 views0 comments

Recent Posts

See All