top of page

NUWE FRANCOIS VAN COKE VIDEO: "DIE SKIP"



FRANCOIS VAN COKE bied aan:

Die Skip

Met Laudo Liebenberg

FRANCOIS VAN COKE het pas die derde musiekvideo vanaf sy selfgetitelde debuutalbum vrygestel. Die Skip mag dalk vrolik klink met sy sonnige melodie, maar die liedjie se hoofspeler is op ‘n selfvernietigende reis, met die liefde as sy enigste reddingsboei.

Laudo Liebenberg sluit by Francois aan vir hierdie drie-minuut-dertig-sekondes bootpartytjie.

Harmoniese sang deur Francois, Laudo en Jedd Kossew, met sielvolle ritme en kitaarklanke, herhinder aan ‘n eilandvakansie.

Ek is niks Maar jy’s steeds iets vir my Ek dryf weg Maar jy sal konstant bly


Regie deur 187 Pictures

Kyk uit vir meer musiekvideo vrystellings.

Francois van Coke se Oktober Klubtoer:


7 Oktober: Aandklas, Stellenbosch

9 Oktober: Mystic Boer, Potchefstroom

10 Oktober: Aandklas, Pretoria

11 Oktober: Ruby’s, Parys (Akoesties)

13 Oktober: Café Barcelona, Pretoria (Akoesties)

14 Oktober: No. 16 Stoep & Beer Garden, Bloemfontein

15 Oktober: Ridgeback, Centurion

16 Oktober: Rumours, Johannesburg

17 Oktober: Mike’s Sports Bar, Ellisras

31 Oktober: Crown Bar, Paarl

2 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page