top of page

HEUWELS FANTASTIES: 360' MUSIEK VIDEO

Writer's picture: Louise PieterseLouise Pieterse


LucanTV in samewerking met Haddad Viljoen het tydens Die Heuwels Fantasties se OKAY! album bekendstelling op 5 Mei 2017 een van Suid-Afrika se eerste 360°-musiekvideo’s vervaardig. Dié video, van die snit Gebruik My, is pas uitgereik.


Volgens Pierre Greeff, hoofsanger en stigterslid van Die Heuwels Fantasties wou hulle graag iets groots doen vir die nuwe album. “Sover ons weet is dit die heel eerste keer dat ‘n musiekvideo in Suid-Afrika regstreeks in die virtuele werklikheid opgeneem word (oftewel as ‘n 360°-video)”, sê Pierre. “Mense wat nie by die konsert was nie kan nou ervaar hoe dit was en ‘n gevoel kry van hoe dit is om saam met ons op die verhoog te wees”.

360°-video's word op dieselfde tyd met ’n klomp kameras geskiet en dan in een video gekombineer sodat die kyker hom ten volle daarin kan inleef.

OKAY! is nou in alle goeie musiekwinkels landswyd beskikbaar en kan ook aangekoop word by www.suprashop.co.za


4 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Created by Louise Pieterse      

bottom of page