ELVIS BLUE GESELS OOR LIEFDE BY DIE DAM

Updated: Oct 8, 2018



Elvis Blue verower harte so ver sy musiek strek, en vir die eerste keer bring by daardie betowerende liedjies saam na Liefde by die Dam! Ons vind bietjie meer uit oor wat in sy piekniekmandjie is, watse pick-up lines hy gebruik, en sy grootste vrees op die verhoog!

V: Dit is die eerste jaar wat jy deel is van Liefde by die Dam. Wat verwag jy van aanhangers en wat kan aanhangers van jou verwag?

A: Ek het nog net Liefde by die Dam op fotos gesien. Dit lyk vir my na een van daai perfekte wintersmiddae in Johannesburg. Musiek, ’n dam en ’n grasperk en ’n klomp mense wat goeie musiek geniet. Dit lyk vir my perfek. 

V: Aangesien liefde in die lug gaan wees, is daar ‘n spesifieke “pick-up line” wat jy kan aanbeveel om op die dag te gebruik?

A: Nee nie eintlik nie. Pick up lines is gevaarlik. Dit is meer waarskynlik dat jy jou naam met ’n plank sal slaan. Wees eerder net jouself, ás jy gelukkig genoeg is om te weet wie dit is. Ek "figure" daai een nog uit. 

V: Hierdie jaar se “line-up” is gevul met kunstenaars van uiteenlopende genres en agtergronde, tog oortref hulle hulself elke jaar in kaartjieverkope. Hoekom dink jy is dit ‘n wenresep?

A: Ek dink nie daar is so baie Afrikaanse musiek te siene in Johannesburg nie. Ek dink ook Die Heuwels Fantasties, wat deel is van die organisering van die dag, weet hoe om ’n lekker partytjie aanmekaar te sit. 

V: Bywoners kan hulle eie piekniekmandjies op die dag bring. Watter vyf dinge sal jy in jou mandjie pak?

A: Wyn, wyn, kaas, crackers, sjokolade. 

V: Daar het seker al baie vreemde dinge met jou gebeur by optredes. Wat hoop jy sal nié by Liefde by die Dam gebeur nie?

A:’n Mikrofoon het my eenkeer amper doodgeskok. Dit is altyd iets wat ek hoop nie weer sal gebeur nie. 



2 views0 comments

Recent Posts

See All