top of page

DIE SKYNMAAGDE OPPAD NA SNORCITY EN DIE ROSESTAD!


Die aweregse, satiriese musiekduo Die Skynmaagde juk om weer in die noorde op te tree, en met ‘n arsenaal nuwe liedere sal dié groep in Oktober ‘n blitstoer na Pretoria en Bloemfontein uitvoer.

Een lid van die Skynmaagde, Blackie Swan (ook bekend as Henry Jack Cloete), se debuutroman, Draalnoot vir ‘n janfiskaal, is onlangs vrygestel en boekpraatjies gelei deur van die skerpste plaaslike inwoners sal nog ‘n superkoel deel van die toer wees.

Die toerskedule is as volg:

Saterdag 4 Oktober 2014: ‘Die Watkykjy KARniVAAL’. Tweefontein Melkery, Pretoria. Met The Oh So Serious, Liela Groenewald en vele meer. R150. Klik hier vir die Facebook-skakel na die event.

Sondag 5 Oktober 2014: Railways Café, Centurion. Die Skynmaagde en Jaco van der Merwe (Bittereinder, Die Begin) tree op. Jaco lei ‘n praatjie met Blackie/Henry oor Draalnoot, en Henry gesels ook met Jaco oor Jaco en Gerhard se pas verskene geïllustreerde digbundel To form trees when they are young. Deure maak 15:00 oop en ingang is R20.

Maandag 6 Oktober 2014: Aasvoëlklub, Bloemfontein. Die Skynmaagde tree op en Vicus Bürger, bekroonde joernalis van Volksblad, lei die praatjie oor Draalnoot. Deure maak 18:00 oop en ingang is R30.


1 view0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page