top of page

DIE HEUWELS FANTASTIES SE NUUTSTE ALBUM


Die Afrikaanse alternatiewe popgroep, DIE HEUWELS FANTASTIES, sluit 2014 met ‘n skop af. Hulle groet die jaar met die vrystelling van ‘n plaat, Deuntjies vir die Draaitafel, en die bekendstelling van die groep se vierde album, Ja.Nee.Lekker.

Deuntjies vir die Draaitafel, ‘n langspeler versamelstuk propvol met die groep se bekendste treffers, is beskikbaar by Musica en by hul vertonings.

Oor Die Heuwels Fantasties se besluit om ‘n plaat uit te reik, het Pierre Greeff aan Netwerk24 gesê: “jy verbind jouself ten volle tot ’n album as jy dit op ’n draaitafel luister. Dit verg jou volle aandag, nie soos ’n CD of digital download waardeur jy maklik kan skip nie. Langspelers word nie deur enkelsnitte gedryf nie. En dit pas DHF se musiek soos ’n handskoen, want ons maak musiek om as samehangende eenheid te staan.”

Die Heuwels Fantasties se rendisie van Pieter van der Lügt se liedjie, Voëlvry, is te kry op Deuntjies vir die Draaitafel, asook die Ja.Nee.Lekker.album.

Ja.Nee.Lekker. sien binne dae die rakke en Die Heuwels Fantasties se optredes. Dis ‘n album propvol liedjies wat in jou kop sal vassteek.

Die album is gebore in die Laeveld se stilte en natuurskoon toe die manne weg van selfoonsein in die Lydenburg-omgewing gaan uitspan het.

Die album het ook ‘n deel van Amerika in hom toe hulle daar ‘n musiekvideo gaan verfilm het. “Ons ontmoet ook altyd interessante mense, wat ons soms in ons musiek inspan. Dié keer het ons ’n ou omie by ’n kunsuitstalling ontmoet. Sy tydverdryf is om Indiaanse fluite uit hout te kerf. Hy het ’n stuk gespeel en ons het dit sommer met ’n iPhone opgeneem en gevra of ons dit kan gebruik. Terug by die huis was die stukkie musiek in perfekte harmonie met wat ons vir een van die snitte, Kom Haal My, beplan het, en so het ’n Amerikaanse fluitspeler dit tot op Ja.Nee.Lekker. gemaak!” het Pierre aan Netwerk24 vertel.

Ja.Nee.Lekker. se Snitlys:

1. Die Skemer Skema

2. Maanlig in Video

3. Sy

4. Voëlvry

5. Kom Haal My

6. Kan Nie (jou hart vind nie)

7. Doen net wat jy wil

8. Shangri-la

9. Nodig ft. Frieda van den Heever

10. Laat hy val waar hy wil ft. Laudo Liebenberg

5 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page