top of page

DIE HEUWELS FANTASTIES IS TERUG OKAY!

Die Heuwels Fantasties (Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko) is terug met ‘n splinternuwe album! Al vier hulle vorige albums het binne ‘n baie kort tyd goue verkoopstatus bereik en alles is OKAY!

Dit is ook die titel van hul vyfde album en op 5 Mei 2017 word OKAY! amptelik bekendgestel met ‘n uithaler vertoning by Weiveld in Pretoria.

Diegene wat nie die vertoning kan bywoon nie, maar graag die album wil bekom kan dit reeds nou al by die aanlynwinkel www.suprashop.co.za bestel of by www.smarturl.it/okaydeluxe koop.

.

Die nuwe album sluit oudergewoonte oorspronklike werke uit die groep se eie pen in, maar hulle snoer ook kragte saam met bekendes soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh. Verwag ook bydraes van top musikante soos Janine Neethling (klavier), Adriaan Brand (trompet), Hiram Koopman (saksofoon) en Jannie van die Gereformeerde Blues Band (tuba en tromboon). Hulle het inspirasie gaan vind in Vleesbaai op die Tuinroete en die album is weer opgeneem in die groen valleie van Stellenbosch by Jurgen von Wechmar se Sunset Studios. “Ons het onsself omring met vriende op plekke wat ons lief het.”

“Op hierdie stadium voel dit vir ons asof die liedjies op die nuwe album, meer as die voriges, amper apart op hulle eie eilande staan, maar tog saam - as ’n geheel - sin maak. Ons wou graag die tydstip waar ons onsself bevind, weergee. Dis amper asof elke musiek album is soos n foto album. Mens luister so half terug na hoe jy gevoel het toe jy dit geskryf het. Ons wil graag hê dat ons musiek ’n positiewe uitwerking op die luisteraar het,” sê Pierre. Koeëlbaai (saam met JR) en Gebruik My is van hulle gunstelingsnitte op die nuwe CD en hul glo dat aanhangers ook daarby sal aanklank vind.

Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album, LED Liefde, wat einde-2016 vrygestel is, het in die voetspore van hulle vorige suksesse gevolg. Die liedjie se universele tema in hierdie digitale era, uitsonderlike klank en betekenisvolle lirieke het gou geresoneer by luisteraars. Dit het nie net bo-aan verskeie radiostasies (Jacaranda FM Top 20, Bok Radio Top 40, MFM Top 40, Maroela Media Top 20, SFM Top 30, Radio Helderberg, ensovoorts) se treffersparades gekuier nie, maar die liriek-musiekvideo was ook ’n eerste vir die groep.

Dit is baie duidelik hierdie album is meer as OKAY!

Speellys:

1. Inleiding 2. Koeëlbaai ft. JR 3. Bietjie Hoop 4. Gebruik My 5. Wees kalm ft. JR 6. See staar ft. JR 7. Sheila ft. Hanu de Jong 8. Gebreek 9. Led Liefde 10. Om hemelsnaam 11. Praat met my ft. Hiram Koopman 12. Niks en Nêrens 13. Miskien 14. Voel die druk 15. Duik in ft. Valiant Swart 16. Laaste rondtes 17. Jy sit hier langs my 18. Gebreek (Reprise)

1 view0 comments

Comments

bottom of page