top of page

BITTEREINDER SKERM REVIEW


Bittereinder het vanaf dag een vasgestel dat hulle enig in hul soort is en keer op keer luisteraars op hulle tone gaan hou. Album nommer drie deur hierdie dinamiese trio bly trou aan daardie wen resep.

Hulle het na 5 jaar nou al deeglik bewys hulle besit oor die vermoë om enige stigma rondom Afrikaanse rap musiek by die venster uit te gooi, dus met hierdie album het hulle skaamteloos hulde gebring aan hulle voorliefde vir engels. Dit bly yl gesaai maar dit het hulle nou die mag gegee om hulle musiek net so effens meer universieël toepaslik te maak.

Uit die pen van Jaco van der Merwe kom weereens treffer op treffer en die trefkrag van sy skryf vaardigede word nie vir een oomblik in twyfel getrek nie. Waar hy wel verras is dat hy hierdie slag baie meer melodies gedrewe is. Dis nie meer net ‘n aframmel van metafore nie en dis waar snitte soos Klankanatomie uitstreef as een van my gunstelinge. Selfs Tim Beumers wat terug keer vir sy derde keer het my verstom gelaat met sy bydrae op The Ones. Peach van Pletzen se invloed as Yesterday’s Pupil kom sterk deur in menigde refreine. Louis en Peach dra konstant ‘n spookagtige tweede stem by wat hierdie nuwe klank van hulle perfek afrond.

Die ritmes van hierdie album is baie donkerder as enige iets wat ons al van Bittereinder af gehoor het. Daar is ‘n betowerende gevoel rondom die musiek wat hulle voorheen nog nie kon vasvang nie en met hierdie album voel dit asof die musiek sy eie persoonlikheid ontwikkel het. Dit kan kompleet alleen staan as ‘n entiteit en sal steeds genoegsame emosie kan oordra. Die musiek is laag op laag van wel deurdenkte ritmes wat op ‘n unieke manier vloei en een word met Jaco se lirieke.

In geheel is die album nie noodwendig so kopskud in die tradisionele sin van die woord nie. Met die vrystelling van Skerm as die eerste enkel snit kan dit vir seker die verkeerde verwagtinge by aanhangers geskep het. Maar wanneer Tribute inskop op snit nommer 9 is die “ou” [relatiewe term] Bittereinder terug met alle mag. Dit gaan definitief vining ‘n nuwe fan favorite raak met sy catchy “Daar’s bubblegum op my boots ek maak safari music!”

In ‘n onderhoud met die manne het Jaco perfek hierdie album opgesom:

“‘n Fan vra onlangs vir my [hierdie keer mag ek sê fan] of hierdie album meer soos die eerste album klink of soos die tweede album. Ek se toe vir hom: dit klink soos die derde album… “

3 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page