ALBUM RESENSIE: TWEE SE "PIEKNIEK VIR TWEE"



'n Klompie jare terug het alternatiewe Afrikaanse musiek uit sy nate gebars. Groepe soos Melktertkomissie, Zinkplaat, Klopjag en Tuindwergies het gesorg dat MK lewe en dat ons kan saamsing in ons moedertaal. Maar soos alle goeie dinge moes dit tot 'n einde kom toe die regtelewe opvang by die musikante. Jare lank het ons gesmag na 'n plaasvervanger om hierdie dorre gaping te vul. 'n Glinster van hoop het opgevlam toe Spoegwolf gebore is. Maar steeds is dit nie genoeg nie... Wie sal ons kom red?

Twee.

Eindelaaste is daar iets vir ons kerk se mense op die Skouspel verhoog! Halleluja!

Die lirieke val sag op jou oor en die harmonie tussen die stemme van Herman en Maria is presies dit: in harmonie. Herman se rasperstem dra 'n sagmoedigheid oor wat hand in hand loop met die onskuldige en suikersoet klanke wat Maria na die tafel bring.

"Piekniek vir Twee" slaag daarin om 'n bree keurspel vir die luisteraar te bied. Snit 1, "Ek Sweer" , paai die luisteraar waneer die album begin draai. Jy mag dalk eers dink jy is in vir 'n rustige 12 nommertjies maar kom vinnig agter elke snit is meer onvoorspelbaar as die volgende. Mens is aangenaam verras as die tromme inskop of 'n trekklavier skielik bydra tot die ambiance.


Liedjies soos "Kaggel" en "Stukkies" bied 'n vrolikke en speelse aanslag op liefdesliedjies wat andersins verlore sou raak tussen meer gesofistikeerde snitte. Die album volg 'n alternatiewe naratief waar liedjies se tempos nie noodwendig op mekaar volg of 'n logiese patroon vorm nie. Maar met 'n eenvormige tema moet mens elder delf om die luisteraar geboei te hou.

Herman Kleinhans vertolk ook die rol van liedtjieskrywer op die album. Dit is ook hoe die groep aanvanklik bekendheid verwerf het. Kleinhans het as wenner uit die stryd getree met die Afri-Visie liedjieskryfkompetisie wat aangebied is deur Kyknet. Hiermee het hy bewys dat dit wel moontlik is om vir 'n weie en diverse gehoor te kan skryf en komponeer. Die musiek is net genoeg soet en sout vir almal om aanklank te kan vind daarby.

Die duo het ook hulp ingeroep van mede Stellenboschers Basson Laubscher (Zinkplaat, Basson Laubscher and the Violent Free Peace) en Danie Du Toit (Spoegwolf) om by te dra by die aangename klanke op die album. Verder is kitaar-meistro, Henry Steele ( Delta Blue, Karen Zoid) ook te hoor op elektrise kitaar.

Twee is die nuwe "it-band" op die dorp en slegs 'n opvolgalbum sal kan bapaal of hulle werklik die toets van tyd sal kan weerstaan. Maar vir nou sing ek dankbaar saam in Afrikaans.



5 views0 comments

Recent Posts

See All